gewildstegedigte.litnet.co.za

Wys my die plek waar ons saam gestaan het
Wys my die plek waar ons gestaan het,

Eens, toe jy myne was –

Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die silwer see

Blink in die sonskyn, soos lang verlee

Dit eenmaal geblink het, ’n welkomsgroet

Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,

Eens, toe jy myne was –

Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,

Lag soos voorheen op my en op jou;

Dit skitter nog altyd ’n welkomsgroet

Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,

Eens, toe jy myne was –

Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,

Wie van ons twee moet die meeste dra?

Jy wat vergeet het – of ek wat boet

Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?

Woord en sin
Woorde is almal s’n,

nie net myne nie;

daar’s geen heimlike opsie nie,

’k was te laat vir mineraleregte.

Maar delwe kan ons tog almal

dwarsdeur ons hele lewe deur;

buitendien en boonop

vir kleims is gehardloop

en vergange vir goud

’n kryg laat ontbrand.

Al wat myne is

is my sinne;

in sinne is alle woorde

mýne

waar ek my in kan verdiep

verborge gange oopgrawe

met geheimsinnige waters deursypel

om myne te verbind

met ander ryk domeine s’nne.

Winternag
O koud is die windjie

en skraal.

En blink in die dof-lig

en kaal,

so wyd as die Heer se genade,

lê die velde in sterlig en skade.

En hoog in die rande,

versprei in die brande,

is die grassaad aan roere

soos winkende hande.

O treurig die wysie

op die ooswind se maat,

soos die lied van ’n meisie

in haar liefde verlaat.

In elk’ grashalm se vou

blink ’n druppel van dou,

en vinnig verbleek dit

tot ryp in die kou!

Wespark
Geagte leser, dié geleentheid

bied hom slegs een keer in ’n leeftyd:

geen waglys en geen woningnood

al is die aanvraag nog so groot.

U van en volle doopnaam pryk

op die versierde gewel – kyk,

met spreuk en kompliment kompleet:

die hele wêreld moet dit weet.

Hier is geen stoomfluit en geen haas;

onder die koelteboom lê klaas

soos waffer skofbaas uitgestrek,

kan selfs die afslaer asem skep.

In hierdie buurt is elke vrou

tevrede, elke man getrou,

het elke kind sy eie sandhoop,

vergeet die huwelikspaar van huurkoop.

Die staatsman liasseer sy sorge,

die bleek hervormer se verborge

wrok teen die mensdom is geberg,

die dweepsieke word ongeërg.

Die vrou aan wie die jare knaag

het haar weerkaatsing weggevaag,

die skaars ontloke skoonheid het

betyds ontglip uit tyd se net.

Die koopman, sat van raap en skraap,

kan salig elke dag verslaap,

die skraal student hoef nou nie meer

sy jongste proef te formuleer.

As kliere opdroog, weefsel rek,

die kroonslagare noustrop trek,

kan u gerus oorweging skenk

aan hierdie goedbedoelde wenk.

Die eensames voel nooit alleen

in die wit broederskap van been,

hier kan die digter sonder skroom

hom blywend toespin in sy droom.

Geen jaarlikse belastingheffing

op hierdie langtermynbelegging:

geagte leser, dié geleentheid

bied hom slegs een keer in ’n leeftyd.

Waghondjies
Ek is hier en Ma is hier,

ons twee lê op Baas se baadjie.

Wie is jy?

Kom, loop verby!

Anders word ons knor ’n daadjie –

kry jou bene dalk ’n hap,

kry jou broekspyp dalk ’n gaatjie!

Mooipraat? Nee, ons ken jou nie;

weg jou hand, en raak ons nie!

“Oppas!” het die baas gesê,

“tot ek weer kom, hier bly lê!”

Op ons pootjies lê ons kop,

maar ons hou jou darem dop;

toe-oog slaap ons op die baadjie,

maar ons loer nog deur ’n gaatjie –

één oor plat, en één oor op,

pas op!

Waar ruwe rotse
Waar ruwe rotse teen die hemel klim,

waar môrerooi se eerste traanglans glim,

waar aasvoëls hoog in sirkelbane sweef,

hul rou gekras in afgronde laat leef;

waar grou-wit kranse na die klowe val,

gekeep-hou tot spelonke bo ’n dal;

waar oopgeskeurde klippekake wag

met draketande wat daar grynsend lag –

daar knal opeens geweerskoot bo die kruin

en eggo’s antwoord hard met skelbasuin.

Die dassies wip verskrik oor gladde krans,

patryse saai vlerktrillend uit hul skans.

Skuins glip ’n voet en drillend val ’n roer . . .

’n skerp geskuur – ’n pad wat afwaarts voer.

Twee hand benoud klink uit die diepte: “Here, help!”

twee vader-oë kyk verward . . . sy seun,

die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.

Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,

die vader bly sy hand oor sy oë hou.

En dan gewaar hy in die skemering

sy kind, deur rotseskouers vasgedring.

’n Riem rol na die seun daaronder neer,

“Bind vas, my kind . . . en Pa die sal probeer.”

Maar dis vergeefs . . . die kransedraak hou vas,

die riem bly stukkend breek, kry las op las.

En hulp snel by . . . die rotsetande gryns,

hier moet die mensverstand terug voor deins.

Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:

“Ek smeek dat Pa my skiet . . . en nou . . .”

’n Roer die bewe in die growwe hand,

sag sif in skemerafgrond korrels sand.

Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,

en langs die sneller glans ’n afloop-traan.

“Vergeef my, God!” . . . ’n skoot gedemp en dof . . .

en bo die bergegraf styg kruit en stof.

Nog skuur iets rog’lend in die diepte daar,

dis stil . . . die aasvoëls kras . . . ’n vader staar.

Vincent van Gogh
Jy het as ’n miskende

heilige vergeefs geveg teen die ellende

en die onreg in die krotte van die myn,

in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn

en skriklike stryd van God

leer ken, wat mens en boom verknot

in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe

in aanbidding van die son kon verwe,

boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,

die kantelende laning van die skone kon verwek,

toe is Sy hartstog eers in jou volbring

soos groen sipresse tot ’n vlam verwring.

Vier gebede by jaargetye in die Boland
Mei-Julie 1937

I. Vroegherfs

Die jaar word ryp in goue akkerblare,

in wingerd wat verbruin, en witter lug

wat daglank van die nuwe wind en klare

son deurspoel word; elke blom word vrug,

tot selfs die traagstes; en die eerste blare val

so stilweg in die rook-vaal bos en laan,

dat die takke van die lang populiere al

teen elke ligte môre witter staan.

O Heer, laat hierdie dae heilig word:

laat alles val wat pronk en sieraad was

of enkel jeug, en vér was van die pyn;

laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort

my waan, tot al die hoogheid eindelik vas

en nakend uit my teerder jeug verskyn.

II. Uit hierdie ligte herfs

Uit hierdie ligte en wye herfstyd straal

’n nuwe, namelose vreug in my

dat ek verwilderd deur ’n wêreld dwaal

waar dinge daeliks hul vervulling kry:

die vleie staan weer soggens vol, en wit

van waterblomme; en skeemrings wit soos graan

wat die rykheid van veel somerlug besit,

kom oor die geel boorde en stoppellande aan.

Waarom die smart wat nou weer stilweg skryn,

en hierdie preweling van nuwe woorde,

dié gemis? Is alle wording pyn,

en alle bid die tas van ons verstoorde

hart na nuwe name vir die leed

van die wondre uitbloei wat hy in hom weet?

III. Winter

Nou lê die aarde nagtelang en week

in die donker stil genade van die reën,

en skemer huise en takke daeliks bleek

deur die wit mistigheid en suising heen.

Dis alles ryk en rustig van die swaar

geheime wasdom wat sy paaie vind

deur warm aarde na elke skeut en blaar,

en ver en naby alles duister bind

in vog en vrugbaarheid en groot verlange;

tot ons ’n helder middag skielik sien

die gras blink, en die jong graan teen die hange,

en weet dat alle rus die lewe dien:

hoe kon ek dink dat somer ryker is

as hierdie groei se stil geheimenis?

IV. Eerste sneeu

Die blydskap het oornag soos nuwe sneeu

die laagste hellings van my vroeë smart

tot skoonheid omgeskep waar elke skreeu

soos ’n sweep in die blink lig van die klowe hard

en helder klink. Die ronde aarde staan

wit oopgekelk en suiwer soos ’n blom –

een glinstering waar die nuwe waters gaan,

verwagtingloos, want alles het gekom.

O hart, sal vreugde hoër gaan, en jy

nie sterf? Daar kom in my ’n stil vermoede

dat alle lewe só sy volheid kry

en heerlik gaan in die rustige dood se hoede,

dat jy sal spoel en breek en uitgestort

in hierdie wit golf van die vreugde word.

Verhaal
’n Vrou het stil geword van baie wag:

die aarde het gegly deur die spiraal

van dag na nag, was beurtelings groen en vaal,

en sy het soms gehuil en soms gelag.

Ook was sy dikwels wakker in die nag,

maar sy het in haar woning en op straat

gewoon gehandel en gewoon gepraat

en niemand

Verlange word aanvaarding, langsaamaan,

want wag is beurtelings hoop en wanhoop, tot

die twee versmelt en stilte alleen bestaan.

En deur die jare het sy self die slot

van die verhaal geword: haar stilte en krag

was skoner as die ding waarop sy wag.

Vergewe en vergeet
Dat gij niet vergeet de dingen die uwe Ogen gezien hebben – DEUT. 4:9

Daar het ’n doringboompie

vlak by die pad gestaan,

waar lange ossespanne

met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlanges

’n ossewa verby,

wat met sy sware wiele

dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos, doringstruikie,

my ander dag gekrap;

en daarom het my wiele

jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer

agter ’n heuweltop,

en langsaam buig die boompie

sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;

sy bassies was geskeur;

op een plek was die stammetjie

so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie

weer stadig reggekom,

want oor sy wonde druppel

die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare

die wonde weggewis –

net een plek bly ’n t e k e n

wat onuitwisbaar is.

Die w o n d e word gesond weer

as jare kom en gaan,

maar daardie m e r k word groter

en groei maar aldeur aan.

Trou
Ek hou van ’n man wat sy man kan staan;

ek hou van ’n arm wat ’n slag kan slaan;

’n oog wat nie wyk,

wat ’n bars kan kyk;

en ’n wil wat so vas soos ’n klipsteen staan –

vas soos ’n berg van grou graniet

op vaderlandsgrond, sy hartsgebied,

aan haar getrou

soos aan kind en vrou,

en wat in haar ere ook syne siet.

Ek hou van ’n man wat sy moeder eer

in die taal uit haar vrome mond geleer,

en die bastergeslag

in sy siel verag,

wat, haar verstotend, hulself kleineer.

Die oog wil ek sien wat ’n traan nog ween

vir ’n heldegeslag, in hul rus daarheen,

maar ’n blits van trou

in die traan van rou,

wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.1

Vir my die Afrikaner van durf en daad,

wat Mammons eer en loon versmaad,

sy hoof en sy hand

en ’n trap van sy voet vir laag verraad!

O, ek hou van ’n man wat sy man kan staan;

ek hou van ’n daad wat soos donder slaan;

’n oog wat nie wyk,

wat ’n bars kan kyk;

en ’n wil wat so vas soos ’n klipsteen staan!

1. “Wat weer aan liefde teruggee wat uit liefde se bron ontvang is.” – Celliers.

troetelwoorde vir ogilvie douglas
’n bosbouer van ’n nedersetting by Grabouw het op ’n reëndag met sy mongoolkind op sy skoot gesit

kyk oggeliefie druppeldou

jakkals trou met wolf se vrou

ag die stomme wêreld wou

dat jy my kind sou wees

my kind hier in ons eie dorp

agter die bosrug van grabouw

my droomoogkind

met jou oophangmond

wat kwyl

soos heuningdruppelsdou

kyk daar’s druppels op jou mou

kyk daar’s druppels teen die ruit

o oggeliefie douglas

elke druppel is ’n sonnetrou

dit reën

jou pa kan nie vandag

sy boom gaan kap

o nooit volprese God

wat ook oor wurms

wag moet hou

seën die oggeliefiekind van my

en my sy pa

en daar sy maltrapma

o oggeliefie druppeldou

o jakkals trou met wolf se vrou

Toemaar die donker man
Vir Simone

Op die groen voetpad

van die horison ver

om die aarde skat,

stap ’n ou man wat

’n oop maan dra in sy hare

Nagtegaal in sy hart

jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat

en ’n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies

Hy roep die swart

stilte wat sing

soos die biesies, my hart

en die sterre wat klop

tok-tok liefling,

soos die klein toktokkies

in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut

Sy naam is Slaap

Meneer Vergeet

uit die land van Vaak

Sy naam is     toe maar

hy heet, my lam

Toemaar, die donker man

Mammie . . .

Toemaar, die donker man

Toe die wêreld nog jonk was
“In dié dae was die reuse op die aarde… die manne van naam.” Gen. 6:4

Kort anderkant Jerusalem

Daar het gewoon Metusalem,

Die man wat hul – dit sal jy sien

Vermenigvuldig het by tien!

Hy was g’n vier jaar in die land

Toe kry hy al sy eerste tand;

By tien jaar kruip hy oral rond,

’n Flinke knapie en gesond:

Toe rol hy al, en val en woel

En staan hy op teen elke stoel.

Nog skaars was hy ’n jaar of elf

Toe stap klein Lemmie al vanself.

So groei hy op tot sestig jaar:

Die eerste wisseltand was daar;

En volgens landswet ry “oom Kool”

Op ou Behémot na die skool.

Sy vaders trots, sy moeders vreugd’,

Met Step by Step en Trap der Jeugd

In Hoog-Galdeeus en Aramees,

Want almal moes tweetalig wees.

’t Was goed en wel, maar alte vaak

Het dié twee “opgemix” geraak.

Hy leer; en voor hy honderd was,

Staan hy al eerste in sy klas!

Op honderd-sestig moes meneer

Sy melkbaard al begin te skeer;

Tien jaar daarna al katkiseer

En Hellembroek – die dubb’le – leer;

Nog tien jaar toe begin hy al

’n Mooi, klein noointjie lastig val.

Verniet dat Vader loop en brom:

“Kniehalter-span sal ek vir hom!

’n Bog van honderd-tagtig jaar

Praat al van trou – so wrintie waar.

Maar styf sal hy sy rieme loop –

Hy dink glo trou is kémel koop!”

“Kind,” sê sy ma, “daar’s baie tyd –

Waarvoor die grote haastigheid?”

Maar wat, die snuiter was getroud

Skaars honderd-ses-en-tagtig oud.

En soos dit in die huwelik gaan,

Sy huisgesin groei stadigaan:

So elke dertig-veertig jaar

Is weer ’n nuwe outjie daar.

So word, met dat die eeue rol,

Ook mettertyd sy koker vol –

’n Pure man Metusalem,

Die Raadslid vir Jerusalem!

Hy tem die woeste Dinosour

En skiet die wolhaar-Brontosour;

En van sy vel maak hy ’n jassie

Vir klein Mahérskalálgasbassie.

Maar klein Kedorlaomertjie

En lief Kirjatjaromertjie,

Die tweelingboetie en sy sussie,

Kry elk ’n hippopotamussie.

Tiglatpileser, die parmant,

Wil niks hê as ’n olifant;

Maar Hammoerabie huil en sê

Hy wil ’n wit harnoster hê.

En klein Metusalem verlang

Pa moet vir hom ’n walvis vang.

“Habbakukkiena, bly tog stil!”

“Ag, Ma, hul vat my krokodil!”

Maar Gog-Magog met breë bors

Eet soet sy leviatanwors.

Ja, glimlag moes die moeder wel

By dié verteed’rend’ kinderspel:

Hoedat – dis om jou hart te steel –

Die kleinspan met hul diertjies speel!

So leef hy voort en doen sy plig

Tot sewehonderd-sewentig.

Toe sê hy: “Kinders, nou gaan ek

My aan die boerdery onttrek.

Voor nog ’n honderd jaar verloop,

Sal ek vir my ’n bril moet koop.

Die paar ou eeutjies wat ek nog

Hier op die aarde lewe mog,

Wil ek gaan rus van al my werk.

My dorpshuis staan vlak by die kerk;

Die dokter en die predikant

Is albei sommer byderhand.

Hou, as ek weg van julle woon,

My kinders, julle paadjies skoon:

Pas op vir borgstaan en krediet

Vir Israel- en Ismaeliet.

Behou die grond, kaart en transport;

Betaal kontant: die lewe is kort,

’n Droom – en voor ’n mens gewaar,

Dan is die ouderdom reeds daar.

My lewe is – so skyn dit my –

Soos ’n gedagte snel verby!

My dogters, luister tog vir Pa:

Volg nie die nuwe modes na:

’t Word alles korter – liewe land! –

Die rok, die hare en verstand.

Dit dans, dit rook – dis om te ween.

In hemelsnaam! Waar moet dit heen?

Ligsinnigheid wat my verstom –

Vanslewe was dit andersom.”

En so verslyt Metusalem

Sy oudag op Jerusalem,

En drink en rook op sy gemak

Sy koffie en sy pyp tabak.

So sit en peins hy menigmaal:

“Die duisendtal sal ek nooit haal.

Ek het ook soveel knoue weg

In wilde-mens- en diergeveg,

En sware koue in die nat

Vierhonderd jaar gelee gevat.

’k Onthou nog goed die groot kapok –

Die sneeu tot aan die huis se nok.”

Op nege-sewentig-min-een,

Sy tydjie om, was hy daarheen;

En niemand wis of dag daaraan

’n Wêreldrekord was geslaan.

Die feit is daar: Van toe tot nou

Het hy die langste aangehou!

Sproeireën
My nooi is in ’n nartjie,

my ouma in kaneel,

daar’s iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!

As ek ’n stukkie nartjieskil

tussen my vingers buig of knak,

breek uit die klein sproeireën

wat geurend om my hand uitsak,

die boorde weer van Swartfoloos

en met die nartjies om my heen

weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

O my nooi is in ’n nartjie.

my ouma in kaneel,

daar’s iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!

Sneeuwitjie
Niemand heeft meer liefde dan deze. Joh.15:13

“Kom ons twee gaan die kalfie soek,

Ons tweetjies, ek en jy,

Die beeste het daar in die hoek

Die hele dag gewei.

“Die weer word dik, die windjie sny

En ons moet niks versuim,

Want as die kalfie buite bly,

Sal hy vannag verkluim.”

Sy was ’n kind geen twaalf jaar oud,

Pas sewe jaar was hy;

Maar albei reeds teen warm en koud

Deur armoed al gebrei.

So loop die twee die bultjie oor

En op al langs die vlei.

Dán sien hulle iets wat roer daar voor,

Dán iewers weer opsy.

Die wind gaan lê, en saggies daal

Sneeuvlokkies wit en rein.

Al verder steeds het hul gedwaal

Weg van die huisie klein.

Maar toe die sneeu so vinnig val,

Begin klein broertjie huil;

Toe het hul teen die sloot se wal

’n Tyd lank eers moet skuil.

En later, toe die bui bedaar,

Was alles wit rondom.

“Waar is die huis nou, sussie, waar?

Hoe sal ons daar weer kom?”

Met moeë voetjies loop hul snel

Al met die slootjie langs,

Met ogies waarin trane wel,

En hartjies vol van angs.

“Ag, Here, wys ons waar’s die huis,”

Het Racheltjie gebid;

Maar bo was net die wind wat suis,

En onder alles wit.

Al in die rondte ’t hul geloop,

Al minder word die krag,

Twee kleintjies sonder gids of hoop

Verlore in die nag!

Koud kom die man tuis uit die veld.

“Waar is die kinders, vrou?”

“Genade, man,” roep sy ontsteld,

“Is hulle nie by jou?”

“Was hulle dan nie by die kraal?”

Vra hy van skrik oorstelp.

“Dan het hulle in die veld verdwaal –

Ag, liewe Here, help!”

Vergeefs gesoek die ganse nag

En vure aangesteek.

Hul moes maar hande wringend wag

Totdat die rooidag breek.

En toe van nuuts af aan weer soek.

Ou Jonas sny die spoor

Al langs die vlei tot in die hoek,

Daarna die bultjies oor.

“Hoekom is hier een spoor nou net?”

“Hoe kan die baas so vra?

My arme nonnatjie . . . sy het

Die kleinbaas hier moet dra.

“Sy loop al in die rondte om

Net soos die skaap wat maal.

Die witmens . . . hy is baie dom . . .

Die witmens . . . hy verdwaal!”

Nou het ou Jonas iets gewaar;

Hy luister en hy loer:

“Die uitgeholde miershoop daar –

Wat is dit wat daar roer?

“Hy lewe nog, klein Hendrikkie,

Hy’s binnekant nog warm . . .

Inkosi2 het die nonnatjie

Gebêre in sy arm.

“Hy het haar met Sy kleed bedek . . .

Sy voel nie meer die kou.

Sy’t al haar kleertjies uitgetrek

Die kleinbaas te behou!”

O wonder dat ’n hart so warm

Nie al die sneeu kon smelt –

’n Hart wat sig so kon erbarm

Alleen daar op die veld!

Wanneer jy, Afrikanerkind,

So heerlik voor die vuur

Sit luister na die winterwind

Daar buite, koud en guur;

Wanneer jy van die dade leer

Van menig dappere held,

Vergeet nie Racheltjie de Beer –

Sneeuwitjie van die Veld!

1. Eugène Marais vertel in sy Sketse uit die Lewe van Mens en Dier die geval van byna voorbeeldelose selfopoffering van ’n klein Boeredogtertjie, Rachie de Beer, wat haar broertjie se lewe gered het deur hom in ’n miershoopoond met al haar kleertjies toe te maak toe hulle in ’n storm verdwaal het. Sy self het van koue omgekom.

2. Die Here.

Slaap
Wat is die slaap ’n wondersoete ding!

Sag op haar bloue oë daal die vaak

soos maneskyn diep waterkuile raak

om daar te droom in silwer skemering.

Vir laas beef oor haar lippe ’n fluistering:

“Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,

wat drome soet tot werklikhede maak:

in vaderarms rus my lieweling.

Sluit so my oë, God, wanneer vir my

u Engel wenk ter laaste, lange rus

en ek van wilde woeling hier moet skei;

dat my dan stille drome huis toe sus

en sterke Hand deur duisternisse lei.

Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

Skoppensboer
I

’n Druppel gal is in die soetste wyn;

’n traan is op elk’ vrolik’ snaar,

in elke lag ’n sug van pyn,

in elke roos ’n dowwe blaar.

Die een wat deur die nag

ons pret beloer

en laaste lag

is Skoppensboer.

II

Gewis en seker is die woord:

die skatte wat ons opvergaar,

ondanks die sterkste slot en koord

word net vir mot en roes bewaar.

Net pagters ons

van stof en dons

om oor te voer

aan Skoppensboer.

III

Die heerlikheid van vlees en bloed;

die hare wat die sonlig vang

en weergee in ’n goue gloed:

die dagbreek op elk’ sagte wang

en oge vol van sterreprag

is weerloos teen sy groter mag.

Alreeds begint die rimpel sny;

oor alles hou die wurm wag

en stof en as is al wat bly:

Want swart en droef,

die hoogste troef

oor ál wat roer,

is Skoppensboer.

IV

L’Envoi

Gewis is alles net ’n grap!

Ons speel in die komedie mee

geblinddoek met ’n lamfer-lap

wat selfs die son ’n skadu gee.

Wat treur ons tog?

Viool en fluit maak tog geluid;

en lank die nag wat voorlê nog.

Al kan ons nooit volmaaktheid raak,

nog blink die oog en gloei die huid

wat heel die winter blomtyd maak.

Dus onverlee

lag ons maar mee

met elke toer

van Skoppensboer!

Rosa Rosarum
Kom na my tuin waar die donkerrooi rose

Duist’re geheime vertrou aan die nag;

Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.

Drome en liefde die lang somerdag.

Kom in die soel someraande en luister

– Wanneer die nagwind hul drome verklaar –

Na die veelvuldige blommegefluister,

Bloesem en bloeisel en blad altegaar!

Kom waar die lelie – die blanke, die reine –

Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,

Blou miosotis – die slanke, die kleine –

Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.

Kom as die maanblom – wit sy en satyne –

As ’n vorstinne verskyn in haar prag

Onder die wierook van roos en jasmyne –

Skoonste juweel op die bors van die nag!

Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,

Open die lotus haar heilige kelk,

Dan eers bereik sy die hoogste – Nirvana –

As sy in glorie van songloed verwelk.

Bok-bokmakieries sing bly twee-gesange

Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;

Saans koer die tortel sy lied van verlange

Bo-uit die troost’lose treurwilg se kruin.

Kom in die aand en geniet van haar geure:

Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;

Kom in die môre en kies van haar kleure:

Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!

Kom as dit skitter van dou-diamante,

Rosa Rosarum, in my Paradys,

Dat ek my blomme, my bome, my plante

Roos van my hart, hulle weerga kan wys!

Rietfontein
By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom,

En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die stroom,

Word op maanverligte nagte nog ’n sombere tafereel

Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel.

Wit is die water

En blond is die maan,

En bly is die paar

Wat gearmd daar gaan.

Versilwerde bome

Ruis in die laan;

Wit is die water

En blond is die maan.

’n Honderd jaar gelede het die buurt se mooiste blom

So in die helder maanlig na die peerboomlaan gekom;

Maar terwyl sy en haar minnaar in confetti-bloeisels staan,

Het ’n ander in die skaduwee langs die dam se wal gegaan.

Wit is die water

En bleek is die maan.

Wie is dit wat daar so

Geruisloos gaan?

’n Huiwering trek

Deur die bome in die laan;

Wit is die water

En bleek is die maan.

O, salig die verrukking wat die suiwere liefde bring,

En vrolik het die harte van die paartjie daar gesing

By Rietfontein se leidam, in die wit lig van die maan;

Maar oorkant langs die peerboom het ’n skaduwee gegaan.

Wit is die water

Maar bleker die maan.

Wie is dit wat daar so

Doelbewus gaan?

Verdonkerde bome

Bewe in die laan;

Wit is die water

Maar bleker die maan.

Kortstondig soos die dou wat smôrens skitter op die roos,

Kortstondig was die enkel uur van samesyn se troos.

Op bloedbevlekte bloeisels lê die paartjie in die laan,

Terwyl ’n swart gestalte onder peerboomtakke staan.

Bloed in die water

En bloed in die laan.

Wie is dit wat daar so

Roerloos bly staan?

Vormlose skaduwees

Kruip oor die maan;

Bloed in die water

En bloed in die laan.

By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom

En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die stroom,

Word op maanverligte nagte nog ’n sombere tafereel

Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel.

Bloed in die water

En bloed in die laan.

Wie is dit wat daar so

Skuldbewus gaan?

Vormlose skaduwees

Kruip oor die maan;

Bloed in die water

En bloed in die laan.

Repos ailleurs
In die eensame veld

staan ’n tentjie klein,

en daarnaas in die skeemring

skuif die ligtende trein;

ek sien in die tentjie,

deur die oop gordyn,

’n tafel met bordjies

en glasies fyn,

wat sag in die lig

van die kersie skyn,

en ek dag: “Was ek net

in die tentjie klein,

ek sou tog o so gelukkig syn.”

Naas die eensame tent

staan ’n meisie klein,

in stomme bewond’ring

van die ligtende trein;

sy sien my geniet

my glansende wyn

en kost’like maal

by elektriese skyn;

en ek raai die gedagte

van die meisie klein:

“Ag, was ek maar net

in die vrolike trein,

ek sou tog o so gelukkig syn.”

Reën in die voorwinter
Vier mure teen die Suidewind –

my swartoogvrou, my blondhaarkind.

Kareehoutstompe in die vuur,

ketel en kaggel brons geskuur.

My bont koei lê op koringstrooi

my swart haan roep die dagbreek rooi.

Soet deur die lang nag sing die reën;

moflammers sal ek vroeg-Mei speen.

Die wendam stoot sy uitloop oor –

blink breek my ploeg die middelvoor . . .

Raka
I. Die koms van Raka

Die vroue het hom die eerste gewaar

in die loom namiddag toe die arbeid klaar

was – aan die stampblok, in die jong-groen landerye –

en hulle gedrie, geviere, in dun rye

met kruik en geel, wind-ligte kalbas

op heup en skouer deur die stekerige gras

rustig gestap het na die koel seekoegate

om daar te drentel tot die bruin en laat

skemering en die eerste sterre, met klam sand,

om veel te lag en ure te praat,

of skugterig soms een-een uit te waad

deur die taai waterblomme, naak en blink . . .

Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink,

wat swart en donker is, van been en spier

’n lenige boog, en enkeld dier.

Oorkant die water het hy uitgestap

uit die gebreekte riete, en soos ’n kind wat om die grap

van ’n bont kalbassie tandeloos en stil lag,

wit gegryns en, neergehurk, gewag.

Die vroue het sku digter by mekaar

gekruip en oor die stil stroom gestaar:

het hy êrens deur die groot moerasse gekom

waar die ryk waters vlakker óm en óm

in vuil skuim maal en onder die son lê en blink

dagreise breed, en die opdrifsels stink,

verrottend, in die biesies en warm riet?

Hy was geen boorling van dié ruim gebied

van oerwoud en groot groen riviere.

Maar nou het hy met ’n kabbeling in sy spiere

opgerys en oor die grys sand

’n vreemde dans gevoer uit sy land:

geil van begeerte, van wilde vlug en vang

en paring en uitskree onder die dwang

van drifte wat geen naam of doel meer ken;

en toe, soos ’n naelloper na die wit lint ren,

die water afgeskiet en weggeraak

waar die bosse ver-weg blou gange maak . . .

maar teruggekom terwyl die vroue nog stil

was van die wonder – een het geril

asof die poele skielik kouer

was tussen die kanette – en oor sy skouer

’n jong bok gedra waarvan die keel

vars uitgeskeur was met ’n hand, en die geel

huid, vol trilling nog, besmeer

met bloed; dié het hy skuwerig neer

laat gly op die sand, oorkant die water,

en vriendelik gelag met oog en tand

en rooi tong soos van ’n hond; daarby

vrugte en neute en soet riet wat hy

met ’n taai afbeur van die takke gepluk

het, of mét die bleek wortels uitgeruk;

maar woorde het hy geen enkele gesê.

Toe het die vroue die geskenke laat lê

en deur die skemerte die paadjie na die kraal

gevat, die kruike op die kop, traag en skraal,

en langer in die dun skemerlig,

gewieg op heup en voet, in lenige ewewig;

maar min gepraat, want elkeen was ontrus

oor die mooi dier en die vreemde lus

wat sy diep in haar hart maar sterk voel roer het

– soos ’n kind wat speel en áfloer

in die oog van ’n droë bron, miskien

swart water en blink paddas sien . . .

sy hart bly ongerus in die son en by die spel

deur die vermoede van ’n vreemde land gekwel –

so ’t hulle deur die jong aand uit die riet

opgekom. En dié nag was raaisel en lied

stil rondom die kole, maar laat

was die duister nog lewend en luid van die praat.

Die kinders het sku en wyd-oog gesit

en wakker nog toe die as wit

van die laaste stompe val.

Die ander dag

toe die blou visvanger stil was na sy jag

oor die gladde, warm seekoegate,

en klein geslaap het aan ’n takkie oor die water,

het die kinders hom gesien – Raka, die swart dier:

nou ’t hy oor die sand vir hulle plesier

gebuitel, soos ’n perd gerol, gegryns, gespring,

met ’n mank dans gehuppel in ’n kring, –

en skielik in die water weggeplas

waar hy glad en vinnig soos ’n otter was.

’n Blink vis het hy uit op die sand gegooi,

lank soos ’n man se skeen en rooi

en geel gevlek bo die wit maag; . . .

maar meer as hul vrees het hy hulle behaag

met sy mal spronge; hulle het gevlug

lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug

gekyk oor hy so snaaks was; en bo in die kraal

met lag en skrik die ding verhaal.

Die manne het daarna sy krag bemerk

aan die tekens van die groot bosse: sy werk

moes dit gewees het as die swart buffelbul

wat die bosgange en grasruigtes vul

met hees snuiwe en bulk, smôrens styf

in die voetpad gelê het waar die swaar lyf

in die knieë geknak het; as die krokodil

hoog op die sand uit gelê het en ril

soos ’n klein akkedissie wat die kinders met ’n stok

geslaan het; – of die ou spiesvegter, die gensbok,

oordwars, gebreek, stil tussen die polle was;

– as die vlakvark gelê het in die gras

met sy wit lemme, en sy oë soos ’n vis

se oë styf. Die jagters wis

wat krag was en hulle het gevrees.

Maar in die rooi nag by die wilde fees

met bier en bloed en dans en trom

het elkeen soos vuur aan sy voete voel kom

die nuwe jag –

en blind was die oë, wit van die waan, van ’n nuwe krag

en ’n nuwe dans; en duister woorde

het opgeskuim in ’n vreemd-verstoorde

gesang, soos vuil water wat ópwolk

as die magtige seekoei onder in ’n kolk

sy donker vaart vat . . .

Net een was stom

en het ver buite die digte drom

en die rooi glans gestaan in die nag:

Koki, die ratsste op sy voete in die jag,

die slank speler met die spies, hy wat

’n jong bul op sy skuins skouers vat

en wegdra soos ’n hond – hy ’t nie gesing

aan die swart lied wat uit die kring

in die rook en stof gestyg het, maar gedink

aan die ou en helder verdriet wat klink

in die vroeër, yler liedere, en vermoed

dat daar veel kwaad in aantog deur die bloed

van sy besete mense was.

Maar nou

het Raka soos ’n hond pal om die kraal gehou:

geeneen het bedags die klein voetpaaie

gevat wat kronkel deur die draaie

van die blou bosse, of die grasruigtes of palmiet,

en nie sy swart lyf sien roer in die riet

of kreupelhout, of êrens soos ’n skildwag gestel –

maar in die nag as die bosapies skel

uit die donker klae, het hy óm die kraal

soos die ritseling van klein nagdiere gedwaal;

as die wit mis uit die water styg

en in die donkerte gras en blaar en twyg

langs die klam paaie tot ’n vaalte bind

wat soos lang drade beweeg met die wind,

het Raka uit sy lêplek opgekom en gegluur

na die gloed en die rooi strepe van die vuur

tussen die pale deur; en dan het hulle gehoor

ver en verdrietig, in die mis verloor,

sy huil soos van ’n dier, of skielik ná

en skerp sy strand jut-lag, dan klae

en sagte snorke weer, en laat

as die kole koud was en die rokie slaat

af grond toe van die swaar mis en smoor

die kraal en hutte bitter, het hulle gehoor

hoe hy hard in die nag aan die dun pale snuif.

’n Vrou het dan soms onrustig rondgeskuif

op haar matte, swaar van droom, en uit die stil

hut skielik helder uitgegil

van wellus en skrik, en daarna in halwe waak

geweet dat die groot dier naak

en rusteloos buite in die donker was.

Psalm 8
Daar is geen land so ver of woes geleë,

geen strand, o Heer, of wilde waterweë,

geen hemelsfeer in die oneindigheid –

of orals blink u Naam en majesteit.

U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,

uit kindertaal en stem van suigelinge

u mag gegrond, sodat die mens moet swyg

wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.

As ek, o Heer, u nagtelike hemel

daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;

hoe, deur U toeberei, die skugter maan

met stille gang oor sterrevelde gaan –

wat is die mens dan dat U hom gedenk het,

die mensekind wat U so ryk beskenk het!

Met eer en heerlikheid is hy gekroon,

skaars minder as die eng’le om u troon.

U laat hom heers. Tot aan die verste strande

gebied hy oor die werke van u hande.

U het, o Heer, dit onder hom gestel,

dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.

Die os en skaap en wat in wildheid lewe,

die voëls wat deur hoë lugte swewe,

al wat deurkruis die paaie van die see –

tesaam het U dit in sy mag gegee.

Ja, daar’s geen land so ver of woes geleë,

geen strand, o Heer, of wilde waterweë,

geen hemelsfeer in die oneindigheid –

of orals blink u Naam en majesteit.

Plaashek
Bloedrooi die aalwyn langs

die slingerpad.

Dis of daar vonke uit

elk vuurpyl spat.

Maar niks, niks roer nie . . . net

’n luggie wat

skrams aan die ritselende

grassate vat.

Daarbo die blou, blou lug,

daaronder die rivier

wat deur die boorde kronkel met

’n groene swier.

Niks stoor die yle swewende

bergstilte hier.

Ná al die jare maak ek weer

’n plaashek oop.

Waar het my paaie

tog nie geloop

om my hier by ’n hek te bring

van al my waan gestroop,

maar met my denke helder

en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad’wee van

’n kremetart.

Die stilte in my’s volkome met

niks troebels, niks verward.

Ek lig die knip . . . Ek maak

’n hek oop in my hart.

Oppie Parara
Please mêrim

kamaan smile

kyk net

ons tentjies is vol happiness gapaail

ag hoe lyk die mêrim dan so suur

foei foei

is die lewe dan asyn

en waar koep die mêrim dit

lyk’s nogal boenop duur

nai, mêrim

toe, toe smile

kyk daar

ons tentjies is vol happiness gapaail

Die witvrou kannie lag

en sy beveel:

ek wil niks hê nie,

die koelie streng-formeel

Ma’ mêrim, pô-pô, pô-pô en banana

en juicy drywe yt die hartjie van die Kanaän

of hoe fancy die mêrim so ’n vy

kyk net hoe uitgaswel is hy

van bo tot onner ytgady

moenie blush nie mêrim

ons het die blaar daarby

of miskien

Ek wil niks hê nie hoor!

Ma’ mêrim

Ek wil niks hê nie hoor!

Ma’ mêrim

Jou, jou koelie

ek sal nou die polisie!

Die vrugtevent se stem trek agterna

polisie, polisie?

ag nai mêrim, moet nou nie so spiteful wies nie

sê tog decently goodbye

raai

die kaalgatperskes blow nog vi’ mêrim kissy

Die blanke vrou stáp

oor die parade

klipitie-klap klipitie-klap

Haai mêrim haai

sure mêrim wil nie try onse guavas

ons guarantee hulle mêrim

hulle’s baie goed vi’ die nerves!

Op my ou ramkietjie
Op my ou ramkietjie

Met nog net een snaar

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

Ek sing van Adam

En Eva se val,

Van die ou Paradys.

“Halfpad mal!”

So sê die mense

Wat my hoor speel

As die skemer my wang soen

Soos ferweel.

As die maan my aanhoor,

En die sterre knik,

Dan speel ek kordaat voort,

In my skik.

Wat gee ek om mense

Wat sê ek’s mal,

As die varings my aanhoor

By die wal?

Wat om my vrinde –

Wat nooit nie verstaan –

As die sterre my toeknik,

En die maan?

Op my ou ramkietjie

Met nog net een snaar,

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

Ontvlugting
Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug

en dink my nou in Gordonsbaai terug:

Ek speel met paddavisse in ’n stroom

en kerf swastikas in ’n rooikransboom

Ek is die hond wat op die strande draf

en dom-allenig teen die aandwind blaf

Ek is die seevoël wat verhongerd daal

en dooie nagte opdis as ’n maal

Die god wat jou geskep het uit die wind

sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

My lyk lê uitgespoel in wier en gras

op al die plekke waar ons eenmaal was.

Om boer te wees
O om ’n boer te wees wat werk

met sy hande in die son

die liewe, lange dag; om saans

moeg terug te kom

van die lande, en te slaap

tot die rooidag deur die vensters breek,

en teen die tweede hanekraai, oor die ryp,

die ploegstert vas te hou . . .

O om boer te wees en te werk

in God se sonskyn en reën;

om nooit te twyfel dat Hy weet

wat die beste is; om nog te glo,

as sy hart wil breek,

en voel dat hy, boer alleen,

met God kan praat, en dank

as laag-druipend daal die reën . .

Oktobermaand
Viooltjies in die voorhuis –

Viooltjies blou en rooi!

Viooltjies orals op die veld,

En orals, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober,

die mooiste, mooiste maand

Dan is die dag so helder,

so groen is elke aand

So blou en sonder wolke

die hemel heerlik bo,

So blomtuin-vol van kleure

Die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober!

Die varkblom is in bloei;

Oor al die seekoeigate

is kafferskuil gegroei;

Die koppies, kort gelede

nog soos ’n klip so kaal,

Het nou vir welkomsgroetnis

hul mooiste voorgehaal.

Dit is die maand Oktober!

Die akkerboom is groen;

Die bloekoms langs die paaie

is almal nuutgeboen;

En orals in die tuin rond

ruik jy sering en roos,

Jasmyn en katjiepiering,

lemoen en appelkoos.

Al was die dag soos yster

lank in die vuur gesteek,

Die varings in die klofies

deur hitte geel verbleek,

Tog, as die son daar onder

agter die berge gaan,

Dan word oor heel die wêreld

die mooiste geur geslaan.

Dit is die maand Oktober!

Die kokkewiet is uit;

Boomsingertjies en kriekies

Dié hoor jy orals fluit;

Fiskaal is op die oorlog –

daaronder by die sluis,

Daar is ’n dor ou doringboom

sy spens en sy kombuis.

Dit is die maand Oktober!

Ek dink die mense vier

Vir ewig in die hemel

Oktobermaand soos hier!

Wat wens jy meer as blomme,

as helder dag en nag?

Wat kan jy beter, mooier

Of heerliker verwag?

Ek is nog in Oktober!

My tuin is nog so groen,

So wit met al wat mooi is,

met bloeisels van lemoen,

So pragtig in die môre,

so heerlik in die aand

Ek is nog in Oktober,

die mooiste, mooiste maand

Wat gee ek om die winter?

Wat praat jy nou van Mei?

Wat skeel dit as ons later

weer donker dae kry?

Ek is nou in Oktober,

die mooiste, mooiste maand

Met elke dag so helder,

so pragtig elke aand

Viooltjies in die voorhuis,

Viooltjies blou en rooi!

Viooltjies orals op die veld,

En orals, ai, so mooi!

o Die pyn-gedagte
o Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .

dit brand soos ’n pyl in my.

Die mense sien daar niks nie van,

en die Here alleen die weet wat ek ly.

Die dae kom en die nagte gaan;

die skadu’s word lank en weer kort,

die drywerstem van my werk weerklink,

en ek gaan op my kruisweg vort.

Maar daar skiet aldeur ’n pyn in my hart,

só, dat my lewe se glans verdwyn:

Jou kind is dood met ’n vreeslike dood!

en – ek gryp my bors van die pyn.

o Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,

één straal het jou hele liggaam verskroei,

maar bliksemstrale sonder tal

laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer soos ’n vlindertjie,

sy ’t lugtig omheen geswerf;

’n asempie wind kon haar vlerkies breek

en – kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,

dis één uit die tienduisend-tal,

en ag! dat dit sy was en ek moes sien

dat sy dood in my arms val!

o Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .

dit brand soos ’n pyl in my;

die mense die sien daar niks nie van,

en die Here alleen die weet wat ek ly.

Nog eenmaal
Nog eenmaal wil ek in die skemeraand

weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,

weer met my rek óp in die donker skiet,

en luister, en al word ek seer en dof,

hoe die klein klippie ver weg in die riet

uit donker in die donker water plof.

Negester en stedelig
Terwyl die Negesterre en die stedeligte witter

in die donker suidelike nagte óm ons skitter,

slaap jy nog weg in nag en swye

langs mos en varings van eertye:

’n see-anemoon waar geel spirale

lig deur water in jou van ’n Oerson daal,

daal in jou slaap; jy roer,

’n vis teen riet en maan se perlemoer;

jy sluimer in ’n tonnel van die kuil –

’n otter in nat holtes nog verskuil;

dan stort jy skielik uit as mens, besitter

van die Negester en stedelig se skitter.

Saans as die rye ligte langs die strate brand

sal jy met wye oë en met kleine hand

vir my bedui en stotterend sê

hoe groot houttolle kabels in diep slote lê;

partymaal sal jy by my tafel neul

om na die sirkus of die mallemeul

te gaan; en vaster om jou groei bioskope,

fabrieke, speurverhale en mynhope;

saans sal die stad se ligte witter

in jou donker siel bly skitter.

Watter kaart of watter ster sal ek jou wys

om veilig deur die grysland heen te reis?

Sal ek van ’n God praat wat verdoem,

van Christus, en die Tien Gebooie noem?

Voorlopig dan, maar onthou altyd

aan jou dade grens ’n ewigheid;

gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen,

besef jy is ’n vegter weer van die begin, alleen;

en mag die Suiderkruis en Negesterre witter

as die stedeligte in jou siel bly skitter.

Kaapse Draaie: Namakwaland
Op die groot saaidag van die heelal

het reeds ’n entjie duskant Wupperthal

oor die kaal Noordweste

’n sakkie van die Heer se beste

saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval.

’n Paternoster vir Suid-Afrika
Here, laat die name geheilig word

van al die kinders van die land –

van hulle

wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,

dassies skrikgemaak het in sy klowe,

wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:

swart bolywe geboë oor magtelose diere

en skerp skêre wat my laat wag het,

bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.

Maar die swart versigtige hande

het selde dieper as die wit geknip

en ek kon die lootjies uitdeel

want die arbeider was sy loon waardig

volgens die aantal wat hy vrygemaak het

om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,

die wololie van my voete afgewas,

my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,

soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges

wat nooit binne die kraal was nie,

wat nooit rietperd gery

en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:

Kyk, om my wit pols is ’n armband van gras;

my donker speelmaat het dit kunstig gevleg

soos ek nooit kon nie . . .

Aan U behoort die land

en die son

en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,

en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed

dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit

’n Handvol gruis uit die Hantam
’n Handvol gruis uit die Hantam –

My liewe, lekker Hantam-wyk!

’n Handvol gruis en gedroogde blare,

Waboom-blare, ghnarrabos-blare!

Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Arm in herinnering, arm in verbeelding,

Arm in onthou van die vroeër jare

Deurgebring in die Hantam-wyk.

’n Handvol gras en gedroogde blare

Maak my, wat arm was, koning-ryk –

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,

Ryk in onthou van die vroeër tyd

Toe die Hantam-wêreld al die wêreld

Vir my was in die vroeër tyd.

’n Handvol gruis en gedroogde blare

Vertel so veel van die wonderjare

In my liewe lekker Hantam-wyk –

Waboom-blare, ghnarrabos-blare –

Arm eergister en nou skatryk!

’n brief van hulle vakansie
vir oubaas:

Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur

oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,

die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my

op die knieë van hul Gij Here God lê;

noudat ek agter ’n baard kou kan ek huil

as hulle snags my naam fluister met die ruite

donker knippende oë in die wind, oor die visolie

vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see

en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene

in ’n kortbroek en speel krieket op die duine

en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis

want hys ’n bokser dokter boer

’n kaptein en ’n held ’n indoena tussen grysaards –

En as die reën soos ’n gesluierde bruid oor die see kom

word die lieflinghond (Trixie) lam;

drie dae veg die veearts en buig dan die knie

en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier

die plaas van hulle jong liefde en plant die saad

’n soenoffer in die diep grond se skoot

want nou is hulle minnaars

stil bome in die najaar met die wind

strelende drome in die takke

onder komete leeftye lang wêrelde

My ooms sterf soos kapok in die son

hartaanval beroerte kanker en tering

en my pa word stiller en meer verskriklik

van dop tot dop

Hier waar die harde winters en nat somers

my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor

die soet hart van my moeder

my pa se stil en bitter krag

Muskiete-jag
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,

van jou sal net ’n bloedkol bly

hier op my kamermure.

Deur jou vervloekte gonsery,

deur jou gebyt en plaery

kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,

eer jy die doodslag van my kry –

my naam is Van der Merwe.

Muskiet, wees maar nie treurig nie,

wees ook nie so kieskeurig nie,

jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,

sing maar jou laaste aria –

nog een minuut vir grasie.

Al soebat jy nou nóg so lang,

al sê jy ook: ek is nie bang,

nooit sien jy weer jou nasie . . .

Hoe sedig sit hy, o, die ding!

Sy kinders kan maar kranse bring

nóú gaan die vabond sterwe . . .

Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!

Maar dóód sal hy, sowaar, ek sweer –

my naam is Van der Merwe!

Vier sonnette: Maria
Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,

haar hande need’rig oor haar bors gevou,

toe hy, verblindend soos die son, daar staan:

drie wit lelies het hy in sy hand gehou.

Half-skaam, verleë, het sy opgekyk

en is opeens met groot vrees bevang:

sy oë het van haar nie afgewyk,

sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

“Geseën is jy onder die vroue” – sy woorde –

of was dit winde? – verruis nog in haar oor,

toe hy teen die son in goue vlug verdwyn . . .

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde

klein snikkies in haar hart gehoor,

van verlossing reeds die vreugde en die pyn.

Maria
’n Engel het dit self gebring,

die vreugde-boodskap – en jy het

’n lofsang tot Gods eer gesing,

Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei

en bure-agterdog jou pla,

het jy kon dink eenmaal sou hý

die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ’n glimlag langs

jou liggaam stryk . . . die stilte instaar . . .

wis jy met hoeveel liefde en angs

sou hý sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneen

om in jou nood by jou te staan –

het jy geweet dat hy alléén

Getsemane sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom

om nederig hulde te betoon,

wis jy hoe die soldate hom

tot koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,

sy mondjie teen jou volle bors,

het jy geweet dat hy sou sê,

toe dit te laat was: Ek het dors!

Toe dit verby was en jy met

sy vriend Johannes huis toe gaan –

Maria, vrou van smarte, het

jy tóé die boodskap goed verstaan?

Mabalêl
Vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl;

vrolik klink die liedjie

wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel.

Op die voetpad sy alleen,

met die skadu’s om haar heen;

op haar kop die kruik gelig

in gedienstig’ ewewig.

Golwend kleur die hemelboog,

stadig sterf die laaste lig,

en van verre deur die skermmure

wenkend blink die eerste vure.

Wydgestrek in eensaam’ vrede

lê Rakwen’, die stille, brede;

glansend in die westerpraal,

met ’n ceintuur in sy diepte van koraal.

En die witgepluimde riet

sing ’n treurig’ wiegelied,

en buigend vleg ’n silwersoom al om

die diepgespieëlde hemelkom.

Wag, wag, Mabalêl!

Is daar niks wat jou vertel –

is daar niks wat deur die duister

bang en dringend in jou ore fluister

van die vreeslike gesel

wat jou vrolik’ lied beluister,

wat jou spoor hou, Mabalêl?

Word jy niks gewaar

van ’n dreigende gevaar?

Voel jy nog nie, kil en snood,

om jou hart die skadu van die dood?

Ver benee die palmietstele

in die bloue duister wag Lalele,2

kwintessens van alle boos,

die Wreedheid self, meedoënloos;

met lydsaamheid wat alles kan ontbeer.

wat tyd en toeval kan trotseer;

wat seker as die Noodlot van sy dag

stil-wakker in die diepte op sy ure wag.

Deur winterkou en somergloed,

Deur blakend’ droogte en swelgend’ vloed,

Deur al die kerende taf’rele,

In sy diepte wag Lalele.

As die straaltjie in die sand

tussen walle dor en vaal

skaars die rotse van Rakwena haal,

en die hulsels van die riet

’n rouband bind van swart verdriet

om die groenbedekte kuil

waar die laaste water skuil

en die sugtend’ wind versmag

deur ’n woedend’ son verkrag –

roerloos by die skepplek hou Lalele wag!

En wanneer in donker nagte

rasend losbreek al die magte

van geweld en storm en vloed,

en Rakwen’ omring van angsgeskreeu,

smagtend sig nog eens te wreek,

soos ’n swaar gekweste leeu

swart en brullend deur die bome breek; –

blinkend uit die donker kolk, –

vlieg ’n vlammend’ dolk, –

wat deur stormbanke dig

’n wêreld van verwoeste loof verlig –

ongeroer deur al die groot krakele

in sy diepte wag Lalele!

Droom sy op die kantjie, Mabalêl,

tot haar hart verlangend swel;

in haar peinse ongedeer,

staar sy in die diepte neer,

staar sy in die spieëlgewelf

met die donker reeds omsoom –

tot sy, dromend, self

deel word van ’n salig’ droom;

uit die wêreld omgekeer

lokkend lag haar beeldjie weer.

Stadig deur die rietpensele

opwaarts uit die diepte rys Lalele.

Skud jou wakker, Mabalêl!

Sien jy nie die skadu opwaarts wel?

– Naar die hoogwal, Mabalêl!

Hou jou mymering vir later –

nooit had vyg of wilg in water

so ’n gespieëlde metgesel!

Nooit ’n skrikbeeld uit die holte van die nag,

wat die dromer sug doen na die dag;

nooit onheilige gedaante uit die diepte van die hel

half so dreigend, half so fel

as dié skadu, Mabalêl,

as dié skadu, wat benee jou

uit die diepte opwaarts wel.

Voor jou voete, Mabalêl,

deur die westergloor verhel,

waar jy onbedagsaam staar,

sonder ooit gedagte van gevaar,

uit die stroomweg stadig

dryf ’n halfverdrinkte blaar.3

Had jy spiere van ’n tier,

of die vlerke van ’n gier,

meidjie, niks sou dit jou baat,

want te lank het jy gewag – te laat!

Uit die spieëlvlak omhoog

bars ’n skuimend’ waterboog;

oor Rakwena, kalm en breed,

galm ’n enkel angsvol’ kreet;

en dan saggies weer

oor alles sak die stilte neer.

Winkend deur die skermmure

helder blink die voornagvure.

Uit die donker stilte, skel,

klink geroep na Mabalêl

en die rotse antwoord weer;

maar terugkom sal sy . . . nimmermeer.

Stadig deur die rietpensele

naar die diepte sak Lalele.

1. Die groot seekoeigat in die Limpopo, in die ou tyd as Rakwena bekend – “Vader van die Krokodil”; later Mabalêl genoem naar die jong dogter van die kaptein Rasithlare. Haar nagedagtenis leef nog in liedjies wat die vroue sing.

2. Lalele is die naam wat algemeen gegee word aan ’n krokodil wat in die gewoonte is om een plek op te pas: ’n drif of ’n drink- of skepplek. So een is altyd die grootste en gevaarlikste.

3. Die “halfverdrinkte blaar”is die verskyning net voor die krokodil sy slagoffer met die stert in die water slaan – ’n wyse van aanval net deur die grootste krokodille gebesig en meestal in die gevalle waar die slagoffer ’n mens is. Die krokodil vertoon net die “oogbankie” bo die oppervlakte, en so volstandig maak hy op dié wyse ’n klein drywende voorwerp na, dat ou rivierbewoners al dikwels bedrieg is.

Maar een Suid-Afrika
Gee my ’n roer in my regterhand –

En ’n flukse perd om hom weg te dra:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n kamp waar bossies groei,

Gee my ’n fraai volstruis wat broei –

En ’n Boereseun wat baie wa:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n koppie om op te staan,

Gee my die Swartland met al sy graan –

En nooit of te nimmer hoor jy my kla:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n vlakte ruim en wyd,

Gee my die veld se oneindigheid –

En die lekker geur wat die lug daar dra:

Gee my Suid-Afrika.

Ma
Ma, ek skryf vir jou ’n gedig

sonder fênsie leestekens

sonder woorde wat rym

sonder bywoorde

net sommer

’n kaalvoet gedig –

want jy maak my groot

in jou krom klein handjies

jy beitel my met jou swart oë

en spits woorde

jy draai jou leiklipkop

jy lag en breek my tente op

maar jy offer my elke aand

vir jou Here God.

jou moesie-oor is my enigste telefoon

jou huis my enigste bybel

jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma

dat ek nie is

wat ek graag vir jou wil wees nie.

Lied van die kinders
“Laat die kindertjies na My toe kom”

Die Joodse seuntjie

wat sy armpies in die lug steek

voor die SS,

sy oë wyd gerek,

op sy mou die groot, geel Dawidster.

“Laat die kindertjies na My toe kom”

Die Viëtnamese dogtertjie

oumens-krom aan haar stok geklem

op die slagveld heen en weer

terwyl oor haar bors

’n kruisie hang.

“Laat die kindertjies na My toe kom”

Die klein vergete Ier

op ’n sypaadjie in Belfast

tussen die bloed en bomme

wat opnuut sy land vrymaak.

Laat die kindertjies van Israel na My kom,

gevang in die kruisvuur by Ma’alot –

bang hasies in ’n bos wat brand.

Laat hulle kom, die gevreesde koningskinders van my volk

wat die Romeine doodgesteek het

toe in ’n stal se stank van mis en bloed,

ek self die Kind van Bethlehem was.

Verhinder hulle nie

Herodes

dissipels

soldate

grootmense

Hulle hoort in my koninkryk:

hulle weet van wonde

sonder om te twyfel of te vra.

Laat hulle kom

kinders van Dachau

kinders van Korea

kinders van Saigon

Ek sal hul teen my sy vasdruk

en my hande op hul lê.

Laetitia
’n Lied van my beminde

’n Lied van frisse maagdeskoon,

Blou oë waarin die hemel woon,

Van lokke wat met songoud gloei,

Van wange waarop rose bloei;

’n Mond waar soentjies lonk en lag.

Op lippe roos en warm en sag,

Van hande vlug en wit en fyn,

Bekoorlikheid in elke lyn;

Van skelme kykies op en neer

’n Glimlag van ons liewe Heer!

Lieftalligheid van Godsgena,

Laetitia Dulcissima!

’n Blye lied van blyste dag,

Die son breek deur die wolke-rag;

Die orrel speel ’n jubeltoon;

Daar kom ’n koningin te skoon:

My bruid, my skat, in wit gewaad!

’n Sluier oor haar lief gelaat.

Ons kniel tesaam voor Gods altaar

En liefde en trou sweer ons mekaar;

Dan blomgestrooi, musiekgeluid!

Was ooit so ’n dag, was ooit so ’n bruid?

’k Staar in verbeelding haar nog na

Laetitia Bellissima!

Korreltjie sand
Korreltjie korreltjie sand

klippie gerol in my hand

klippie gesteek in my sak

word korreltjie klein en plat

Sonnetjie groot in die blou

ek maak net ’n ogie van jou

blink in my korreltjie klippie

dit is genoeg vir die rukkie

Kindjie wat skreeu uit die skoot

niks in die wêreld is groot

stilletjies lag nou en praat

stilte in Doodloopstraat

Wêreldjie rond en aardblou

korreltjie maak ek van jou

huisie met deur en twee skrefies

tuintjie met blou madeliefies

Pyltjie geveer in verskiet

liefde verklein in die niet

Timmerman bou aan ’n kis

Ek maak my gereed vir die Niks

Korreltjie klein is my woord

korreltjie niks is my dood

Julie 1961

Kô, lat ons sing
Vrinne

laat ons die Bybel oepeslaan

en lat ons daaryt lies –

o Allahoegste Gies

lat hierie woorde na onse harte gaan! –

yt die twiere boek van Mosas

yt die Exoras

yt die viere hoefstuk die ee’ste en die twiere verse –

o God

maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse! –

toe antwoord Mosas en hy sê: ma’ wat

as hulle my nie glo, nie aan my woorde vat

as hulle sê die Here het nie ga-appear aan my?

ma’ die Here sê vi’ hom: djy sal djou mense lei

wat’s in djou hand?

en Mosas sê: ’n staf

nou vrinne

dit was al wat hy gahad het

hierie man van God

’n staf

’n dooie stok

en boenop het hy nog gahakkel ok

ma’ die Here het toe lank moet hom gapraat

oor hoe hy moet daai kierie doodgaslaat

het die Egiptanaar

een Mosas het sy groote kop lat hang

en toe

toe skielak was daai selfde kierie in sy hand ’n slang!

nou vrinne

die Here het gabring

aan my sy wonnerwerke oek so

hy het gevra wat’s in my hand

en vrinne

in my hand was my kitaar

kô, lat ons sing

Klein vrede
Vanmiddag wag sy vir hom in ’n klein hoëmuurhuisie

half toe-oog ingekruip agter ’n straatstoepie

5.12 hang hy sy hoed aan die haak

trek sy baadjie uit en sy gooi kookwater deur die koffiesak

vee haar hande aan die geblomde voorskoot en wag darem

dat hy haar eers teen hom vasdruk, so skuinserig met die een arm

voor sy hom die dag se nusies vertel

die gat in die heining, die hond, Anna-jannie het gebel

Na ete haal sy die Bybel uit die boonste laai

en hy lees vir hulle van Israel se afgode teen die berg Sinaï

haar hande vou ’n stopskulp in syne as sy bid:

Onse Vader wat hoog bo die aarde in die hemel sit . . .

Die maan rys soos ’n koringmeelbrood bokant die dak

sy was skottelgoed met lifebuoy en ’n omgesoomde meelsak

hy luister nuus op die treetjie by die agterdeur

oor dinge wat met ander mense in die wêreld gebeur

Later as die luggie begint trek

die windpomp klap-klap in die dam in lek

sit hy die sproeier af, maak die hoenderhokke toe

sit die kat uit en kom langsaam kamer toe.

In die na-nag as die wind uit die noorde begin

skuif die maan oor hul bed dieper die kamer in

tot op die woorde geraam in krulle:

My vrede gee Ek julle.

Klein ballade
Ek soek die huis van ’n timmerman,

ek soek die tafel, die eenvoudig gedekte,

en die bêreplek van die botterspaan

van Maria die Onbevlekte.

Ek soek die dinge van hulle elke-dag,

ek soek die praat en die maklike lag

in daardie gebenedyde huis:

Neem hierdie pad, klop aan dié deur,

na buite toe dwaal ’n varsbroodgeur,

en sê nou hulle is tuis?

My moed begeef my en ek vlug,

maar iets sê in my gaan trug, gaan trug:

Sy staan reeds in die deurkosyn . . .

Toe draai ek om en ek vind verstom

ek het voor my eie deur gekom:

my huis is Hare, my huis is Syne!

Nou ken ek die huis van die timmerman,

ek ken die tafel, die eenvoudig gedekte,

en die bêreplek van die botterspaan

van Maria die Onbevlekte.

Klara Majola
Klara Majola wou haar vader

toe die skemer sak, gaan haal

waar hy, die blinde, hout vergader;

maar Klara Majola het verdwaal.

Klein Klara Majola lê verkluim

in die Bokkeveld se bros kapok,

haar arms en bene bruin

en kromgetrek soos wingerdstok.

Klara Majola, die koue geweld

sif stadiger oor my uit die ruim,

maar nooit sal ek in die Bokkeveld

so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.